tyd

Wanneer tyd stil staan

Daar is net ‘n handjie vol kere in ‘n jong vrou se lewe wanneer tyd stil staan.

tyd

 Een so ‘n keer was al meer as 10 jaar terug. Ek was in matriek, en na ‘n paar weke se gesels oor sms’e het Gerbrand my genooi om by sy huis te kom kuier.

Ek dink nie ek het enige iets gesê nie behalwe “Nee, dankie Tannie”. Eet wou ek nie want netnou eet ek te veel. Vir iets vra om te drink was ek heeltemal te skaam. Ek het daar in die hoekie van die kombuis gestaan waar ek probeer in-blend het tussen die tannie, Gerband, sy 2 beeldskone susters, sy 2 vriende, 3 honde en 2 ringnek-voëltjies. Almal gelyk aan die woord. Totdat iemand ‘n bord in my hand gestop het en gevra het om dit in die mikrogolfoond langs my warm te maak.  Oomblikke het soos ure gevoel soos ek met die bord in my hande staan.

Ek onthou ook die keer wat Gerbrand my na ‘n braai neem wat sy vriende gereël het. Dit was in ‘n piekniek area by ‘n waterval. Hyt ‘n billbong-denim gedra met ‘n navy gebreide trui. Dit was my favourite outfit. “Hi julle. Hierdie is my meisie” sê hy baie cool terwyl hy draai op ‘n pêl se hand te skud.

Tyd het stil gestaan! My hart wou bokspring! Gelukkig was die lig swak want ek sou mense verblind het met my glimlag. Niemand het geweet wats my naam nie maar ek was meer as tevrede met Gerbrand se meisie.  

Dit was ons 40-days partytjie. My beste vriendin se ma was iewers heen so dit was ‘n guldige geleendheid….nou niks soos die teenage movies nie. Braai, taai getrapte kombuisvloere en baie foto’s. En ons eerste pik-soen.

Ek moes ‘n sekere tyd by die huis wees, ek het vir my ma gesê dat een van die vriende wat sy bietjie meer vertrou my sal huis toe vat. So staan ons toe by Gerbrand se kar, wel sy ouma se poeierblou tazz. Hy het al die pad van die buurdorp gery vir ons partytjie-tjie. Hy het teen die kar geleun in sy billabong jean. “Baai”. “Baai” Ek lig my voete effentjies en staan op my tone. Gee hom gou ‘n piksoen. Een arm kant drukkie (my kop vir ‘n kort sekonde op sy breë skouer) en trippel gou gou na my vriend se kar.

Ek wou nie eintlik gaan nie. “Het ek iets verkeerd gedoen?” het ek die 4 blokke huis toe gewonder. Dit was die langste karrit van my lewe.

‘n Paar maande later staan ek in ‘n helder groen rok by ons matriek afskeid. Vir die eerste keer kan ek onthou wat ek in so stilstaan-oomblik gedra het. “Jy lyk baie mooi.” sê Gerbrand met ‘n donker pienk rosie in sy hand. Die ligblou oë vol self-vertroue en huiwering gelyk.

oomblikke

Sewe jaar later sit die cool, breë-skouer, self-versekerde-blou-oog, blonde Gerbrand langs my in ‘n klein kothuisie tussen spierwit tulpe. In ‘n navy gebreide trui.

Ek kyk by die klein venstertjie uit na ‘n stroompie, soos die wat oral in Amsterdam gesien kan word. Tussen die water wat streelend oor die water kabbel hoor ek in ‘n bewerige stem ”Ek soek heeltyd die perfekte plek. Ek wou jou al lank vra. Sal jy saam met my oud word?” Ek wens daai oomblik kon tot vandag toe stil staan. Ek en my man wonder nogsteeds presies wat my antwoord was.

Die laaste keer wat tyd stil gestaan het vir my was toe sy twee arms my sterk omhels het. Ek in ‘n wit kant rok, blommetjies in my hare, die sagte wind wat die linte waai wat bo aan die boom vasgebind is. Die woorde “jy mag jou bruid maar soen” is eeu gelede al verby en die gejuig van ond geliefde gaste ‘n eggo in die agtergrond. My hart het geklop soos die koue aand in Mei-maand langs sy ouma se poeierblou tazz en hy in sy billabong jean

Ek weet nou wat Salamo in Hooglied bedoel toe hy skryf: Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne (HGL 6:3a)

Behalwe vir die geskenk van verlossing wat Jesus vir ons kom gee het. Is die grootste geskenk wat ek in my lewe ontvang het, my man.

Die lewe is so vol! Vol dinge, emosies, vinnige oomblikke wat verby ons jaag, en maar net ‘n handjie vol oomblikke wat ons wens verewig kon bestaan. Koester daardie oomblikke in jou hart, en as jy al ‘n bietjie vergeet het, gaan sit sommer vanaand terwyl jy bad en dink weer aan daardie herhinneringe. Raak weer verlief op jou man!

Share this post

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Print