vuil of nat hare

Vuil of nat hare?

Gisteraand maak ek die fout om op my bed te gaan lê- voor ek gestort het. Ek weet dat dit hare was aand is… Maar ek is soooo moeg.

Ag nog ‘n bolla more gaan seker nie saak maak nie neh? En so sit ek die stort kappie op en 10 minute later is ek klaar gestort, terug in die bed. Vuil hare en al.

Vanoggend na 15 minute se gesukkel en vloeke, want niks werk nie. Wip ek my. Ek’t mos geweet ek moet dit doen (my hare was). En so druk ek my kop onder die wasbak kraan en WAS! Nou gaan ek laat wees! Los liewer die conditioner (ek sal maar deal met die koeke ). En ek gaan liewer met nat hare skool toe as vuil hare!!

Maar daar wag my ridder op ‘n wit perd (of swart ridder aan ‘n swart koord) vir my – my haardroeër! Woeps waps en my hare is droog en ek’s so ewe vroeg vir werk….

vuil of nat hare
En so kom dit by my op… Ons Pappa sal daar wees om ons ridder te wees, al het ons nie gedoen wat ons geweet het ons moet doen nie… Al wat ons dan moet doen is om met die koeke te deal


Lees ander blogs

Share this post

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Print