blinde hen

‘n Blinde hennetjie vind ook ‘n korreltjie

Lyk dit partykeer vir jou asof jy meer teespoed ervaar in jou lewe as ander? So asof ander dit “makliker kry” as jy? En dan begin jy dink…. Hoekom kan dit nie met my gebeur nie.
Dis presies waar ek myself bevind het, minder as 7 maande terug.
Jy sien, 7 maande terug het ek en my beste helfde (natuurlik my man) besluit om die grootste stap nog te neem. Na ‘n suksesvolle 3 jaar van liefde deel in ons huwelik is ons gereed vir ‘n wonderwerk. Ons is gereed om vir die res van ons lewe Mamma & Pappa genoem te word.
Dis mos maklik?! So vinnag soos blits, solank mens die aksies uitoefen. Dan kan ek pronk soos ‘n pou met die nuus van lewe wat binne in my groei.

So begin die grootste, moeilikste reis wat ek nog in my lewe moes neem.

‘n Reis bestaan uit verskillende vasette. Jy sien dit begin by ‘n besluit. Daarna maak mens die planne om te reis. Hierdie planne kan net in werking gestel word wanneer mens dit uitoefen. Maar dit het nie dadelik besef nie. Want mens wil mos altyd alles DADELIK kry.

My reis het bestaan uit frustrasies, dae om huil of bid, vertrou op God en Sy woord, en ander dae nie vertrou nie. My emosies & denke was soos die Annaconda rut by Gold reef city – “never a dull moment”. Maar dit was nie altyd gedeel met ander nie. Hierdie was ‘n stryd binne in my, met myself.

Ek was totaal en al obsesief teenoor swanger vrouens. Een dood gewone Sondag ogggend in die kerk word ek gegroet met die nuus van ‘n vriendin wat swanger is. En dadelik is ek uit die veld geslaan, want hoekom kan hulle, maar ek nie?  My geluk vir hulle was nooit fake nie. Maar die stryd hier binne my wou nie end kry nie. Maak nie saak hoeveel keer ek God gevra het om die gevoel weg te neem nie. Teleurstelling in myself, in my man, in my vermoe, was al wat tussen my hart en my kop bly klop het.

Psalm 92: 10 – 11: “Want kyk, u vyande, o Here, want kyk, u vyande sal vergaan, al dei werkers van ongergtigheid sal verstrooi word. Maar U verhoog my horing soos van ‘n buffel, ek is met vars olie gesalf.”  Dis die belofte wat God vir my gee op 8 Maart 2017. Ek sal verhoog word deur Hom.
Op 21 April 2017, was ek by IT’S TIME toe Oom Angus gebid het vir onvrugbaarheid & ek het gestaan in die geloof!

En sonder dat ek besef bevestig God al in Maart 2017 dat Sy belofte in Psalm 37:4 “en verlustig jou in die Here, dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.” vervul sal word.

Ek besluit toe om ‘n swangerskap toets te doen op 16 Junie 2017, want hy sal mos in elk geval weer negatief wys. En raai raai riepa….. POSITIEF! My liggaam kan nie beweeg nie. Vasgepen op ‘n yskoue wit olifant sit ek en wonder hoe dit kon gebeur!

reis
En toe besef ek die gesegde ‘n Blinde hen vind ook ‘n korreltjie. Onverwagse geluk is wat God vir my kom skenk het. Want na 7 maande, het ek die perfekte geskenk van alles gekry. Ek gaan lewe skenk aan ‘n bondeltjie liefde

Share this post

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Print