bruidsmeisie

Deur die oë van ‘n bruidsmeisie.

Ek onthou my sussie se troudag asof dit gister was…. Ek onthou die oorweldigende dryf in my om die dag perfek te maak. As ek terugkyk na die fotos dan dink ek “Sjoe Marina, jy kon wragtig bietjie beter gelyk het”. Dan dink ek weer en kyk na die bruid op die foto’s. En ja,dit is al wat saak maak – die bruid.

Ek onthou hoe my hart geswel het tot binne my keel toe ek voor haar by die paadjie afstap het. Dit was tot dusver die grootste eer van my lewe.

Dat ‘n troue (iemand anders se troue) my kan leer en laat voel van onvoorwaardelike liefde en omgee. Om ander se wense voor joune te sit en nie vir een oomblik aan jouself te dink nie.

Namens alle vroue wêreld wyd, wat al ooit ‘n belangrike rol in iemand anders se troue gespeel het, DANKIE! 

Dankie vir die priceless lewens voorbereidings wat ons uit julle trou dae kon leer.  Dankie dat ek nou verstaan van liefde en opoffering. Dankie dat ek nou kan gereed voel vir my eie troudag, huwelik en eendag kinders grootmaak.

Liefste bruid…. jou troudag is baie baie meer besonders as wat jy ooit kan raai… en my wens is dat my troudag vir ander ook so baie kan beteken soos vir my!!

Share this post

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on pinterest
Pinterest
Share on print
Print